menu-iconlogo
huatong
huatong
avatar

Dagboek Van 'n Ma

Juanita du Plessis/Franja du Plessishuatong
pbeverly62huatong
Lyrics
Recordings
Soms kan ek vir ure net

Verwonderd na jou kyk

As jy speel en lag

Van pure plesier

En soms kan ek in stilte net

Na jou gesiggie kyk

Dan weet ek

Jy is van bo gestuur

Mamma, tyd gaan gou verby

En vinnig word ek groot

Ek wens ek kon nog sit hier op jou skoot

Jou lewenspad is uitgelê

En niemand kan dit keer

Om hoog te vlieg

Is wat ek jou wil leer

Sweef saam met my

Op die rug van die wind

En ek sal jou wys

Waar jou hart is my kind

Als kan vergaan

Maar my liefde bly staan

Want jou hart

Is aan myne gebind

Ek is hier as jy 'n vriend wil hê

Wat saam kan lag en huil

Ek is hier, ek hou jou altyd vas

En ek sal dit nooit verruil

Ek is hier om elke traan te vee

En alles te kan gee

Ek is hier

My kind, ek is hier

As ek dan eendag weggaan

Na die huis vir jou en my

Mamma, sal ek jou altyd onthou

Want daar waar ek vir jou wag

Sal jy by my kom bly

En ek weet

Dat God Sy hand oor jou sal hou

Sweef saam met my

Op die rug van die wind

En ek sal jou wys

Waar Sy hart is my kind

Als kan vergaan

Maar Sy liefde bly staan

Want Sy hart

Is aan joune gebind

En Hy is hier as jy 'n vriend wil hê

Wat saam kan lag en huil

Hy is hier, Hy hou jou altyd vas

En Hy sal dit nooit verruil

Hy is hier om elke traan te vee

En alles te kan gee

Hy is hier

My kind Hy is hier

En ek is hier as jy 'n vriend wil hê

Wat saam kan lag en huil

Ek is hier, ek hou jou altyd vas

En ek sal dit nooit verruil

Ek is hier om elke traan te vee

En alles te kan gee

Ek is hier

My kind, ek is hier

Hy is hier

Mamma Hy is hier

En ek is hier

Vir altyd is ek hier (Vir altyd is ek hier)

More From Juanita du Plessis/Franja du Plessis

See alllogo