menu-iconlogo
logo

Was ek maar 'n digter

logo
Letras
Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf

Wat jy aan my doen

En hoe ek oor jou voel

In gewone taal mag dit klink

As of ek oordryf

As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel

Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai

Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê

Totdaar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai

Totdaar gras aan die hemelruim groei sal ek jou liefhê

Totdat al die woorde van my tong verdwyn

Tot die oë bestaan en die son nie meer wil skyn

Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê

Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê

Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer

Na die maan en die sterre wat deur my venster loer

Jy's die warm van 'n kaggelvuur

Die sprank van vonkelwyn

En die son wat die mis lae soggens laat verdwyn

Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou

Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weerhou

Net voor die woorde opraak is daar iets

Wat ek nog moet sê

Vir ewig liefling, sal ek jou liefhê

Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê

Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê

Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê

Was ek maar 'n digter de Cupido - Letras y Covers