menu-iconlogo
logo

Kinders Van Die Wind (feat. Juanita du Plessis)

logo
Letra
Ek ken 'n ou ou liedjie

Van lewenswel en wee

Van lank vergane skepe in

Die kelders van die see

Die woorde is vergete

En tog die deuntjie draal

Soos vaag bekende grepies in

'n Baie ou verhaal

Swerwers sonder rigting

Soekers wat nooit vind

En eindelik was almal maar

Kinders van die wind

Gesigte drome name

Is deur die wind verwaai

En waarheen daardie woorde is

Sou net 'n kind kon raai

Swerwers sonder rigting

Soekers wat nooit vind

En eindelik was almal maar

Kinders van die wind

Van swerwers sonder rigting

Van soekers wat nooit vind

En eindelik was almal maar

Kinders van die wind

En eindelik was almal maar

Net kinders van die wind

Kinders van die wind

Kinders Van Die Wind (feat. Juanita du Plessis) de Juanita du Plessis/Mango Groove – Letras & Covers