menu-iconlogo
logo

Bring Jou Hart (duet saam met Theuns Jordaan)

logo
Letra
Ken jy die pad na 'n plek wat 'n merk in jou hart los?

Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo?

Waar elke oomblik tussen ons geanker bly

Waar al my wense lê en wag om jou te kry

O bring, bring jou mooiste drome, bring jouself, jou liefdeswoorde

Jou huis is waar jou hart is in die Klein Karoo

Gooi jou stem oor al die vlaktes, graveer my naam in jou gedagtes

Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo

Soek jy 'n skuilplek wat die vrese in jou laat bedaar?

Soek jy 'n lêplek wat jou warm hou in die nag?

Oor berg en dale loop ek vir jou as jy verdwaal

Op die horison se lyn kom ek jou haal

O bring, bring jou mooiste drome, bring jouself, jou liefdeswoorde

Jou huis is waar jou hart is in die Klein Karoo

Gooi jou stem oor al die vlaktes, graveer my naam in jou gedagtes

Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo

Bring, bring jou mooiste drome, bring jouself, jou liefdeswoorde

Jou huis is waar jou hart is in die Klein Karoo

Gooi jou stem oor al die vlaktes, graveer my naam in jou gedagtes

Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo

Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo

Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo

Bring Jou Hart (duet saam met Theuns Jordaan) de Juanita du Plessis/Theuns Jordaan – Letras & Covers