In vroeë oggendure met reukolie gereed
Om haar Here te balsam hoe sal Maria weet
Die graf was reeds leeg die steun weggerol
En binne lê die doeke netjies opgerol
Engel van die Here in glinsterwit geklee
Sien hoe Maria aanskou haar bitter leed
Vrou waarom huil jy en soek jy dan vandag
Die lewende uit die dodes Hy’t opgestaan met krag
Die Here leef Hy het oorwin
Die Heer het opgestaan met krag en mag het Hy die Satan’s magte verslaan
Die doodsgreep is gebreek, Hy het vir ons oor die weg gebaan
Die graf kon hom nie keer nie, Hy’t oorwinning behaal
Veertig dae lank het Jesus rond gegaan
Verskyn aan sy dissipels met ‘n boodskap elke keer
Die gawe van die Vader sou Hy aan hulle gee
Om die evangelie boodskap te verkondig wereldwyd
Soos die Vader hom gestuur het so stuur Hy ook elkeen
Met sy hande op hul hoofde spreek Hy oor hul die seen
Met ‘n vredesboodskap gaan Hy van hulle weg
Hy sal weer na ons terugkeer Hy kom ons te haal
Die Here leef Hy het opgestaan
Die wereld is oorwin aan God se regterhand tree hy vir ons daagliks in
Hy’t opgestaan, Hy’t opgevaar, Sy trooste gestuur vir ons
Hy’t self gese dat hy sal kom om ons te kom haal
Die Here leef, Hy het oorwin, die Heer het opgestaan
Met krag en mag het hy die Satans magte verslaan
Hy’t opgestaan, Hy’t opgevaar, Sy trooste gestuur vir ons
Hy’t self gese dat hy sal kom om ons te kom haal
Hy kom ons haal