menu-iconlogo
huatong
huatong
เนื้อเพลง
บันทึก
O my Stellenbos se nonnatjie roep my sy roep my na die eikelaan

Sy is die mooiste blom wat uit die Matieland kom sy roep my en ek moet gaan

O my Stellenbos se nonnatjie roep my sy sê sy is lief vir my

Ek verlang so erg na die Papegaaiberg sy’t gesê ek kan haar kry

’n Vroumens is nes ’n wildeblom as jy pluk dan verlep hy gou

En ’n roos het dorings om jou weg te hou dis ‘n manier om te sê ek is lief vir jou

’n Mansmens is ook ’n snaakse ding sê nee dan kerm hy ja

Soos ’n kind wat skrou en aanhoudend pla dis sy manier om die jawoord wel te vra

O my Stellenbos se nonnatjie roep my sy roep my na die eikelaan

Sy is die mooiste blom wat uit die Matieland kom sy roep my en ek moet gaan

O my Stellenbos se nonnatjie roep my sy sê sy is lief vir my

En ek verlang so erg na die Papegaaiberg sy’t gesê ek kan haar kry

O ek verlang so erg na die Papegaaiberg sy’t gesê ek kan haar kry

Trompie en die Boksombende

Dis Blikkies daar die rooie en Boesman die brak

Daar kom Trompie en die Boksombende

Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak

Met ingeduikte skoene en paddas in die sak

Trompie en die Boksombende

Dis Blikkies daar die rooie en Boesman die brak

Daar kom Trompie en die Boksombende

Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak

Met ingeduikte skoene en paddas in die sak

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val

En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes Transvaal

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val

Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val

O die vaalhaarnooi die rietdakhuis die perskebrandewyn

Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein

Dis boere medisyne die hy kan ook vir jou moor

Die Ingelsman vat net een sluk en hy val skoon agteroor

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val

En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes Transvaal

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val

Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val

Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val

Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry

En die stadsliggies waai ver by ons verby

Jou oë so mooi en my hart is die prooi

My hart in die weegskaal reg in my kraal

My hart in die weegskaal reg in my kraal

Kruidjie roer my nie

Dis die naam wat jou vrinne jou noem

Ma Kruidjie roer my nooit weer nie

Is hoe ek voel as ek jou soen

Die konsertina kerm al sy verlange

In die hande van ou Silver de Lange

Hy't gespeel van die liefde

Maar hy was 'n eensame man

Ja ou Silver hy't die pad alleen geloop

En gedwaal soos net 'n swerwer kan

Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld

Se skerpkant weg te brand

Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm man

Wat kon speel beter as 'n ander kan

As die Vyf Dagbrekers op die radio grammofoon speel

O dan wonder ek baie oor jou Silver

Daar's so baie wat ons twee kon deel

Maar die konsertina's nou jou weduwee

En jou hande het afgetree

O speel hom Silver speel hom weer

Speel hom Silver nog 'n keer

En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver

Silver de Lange

‘n Skraal wind waai oor Ngunibosse op die pad buite Uniondale

Elke paasnaweek staan die spookmeisie daar as die herfswind hoeka huil

Met haar lang swart hare onder sekelmaan tuur sy oor die vlaktes haai

En haar klere blink spookagtig saam en haar duim vra om haar op te laai

En die kammanassie bergspook huil as sy klippe bergaf rol

En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo

Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo

Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

เพิ่มเติมจาก Juanita du Plessis/Brendan Peyper/Manie Jackson/Ricus Nel

ดูทั้งหมดlogo
Anton Goosen Treffer Medley โดย Juanita du Plessis/Brendan Peyper/Manie Jackson/Ricus Nel – เนื้อเพลง & คัฟเวอร์