menu-iconlogo
huatong
huatong
francois-van-coke-stories-cover-image

Stories

Francois van Cokehuatong
patandgen03huatong
Şarkı Sözleri
Kayıtlar
Hoop jy voel al beter

Ons het gewaai en nie gegroet nie

Sterre in ons rooi oë verloor

Hoop dit voel soos gister

Son met die see uitgespoel

Kan jy onthou hoe om te voel?

Maklik om die duiwel te blameer

Het baie maklik van ons jeug vergeet

Ek wens ek kon die bybel blameer

Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee

Hoop dinge raak beter

Ons wêreld wentel wragtig wreed

Planete vir ons in lyn gebring

Die krag is af en die brein uitgespoel

Meester word die slaaf

Ja, jy's reg en ek is verkeerd

Maklik om die duiwel te blameer

Het baie maklik van ons jeug vergeet

Ek wens ek kon die bybel blameer

Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee

In die oop stukke grond

Hardloop die tarentale tussen molshope rond

Gorillas hang by die ruit

Met daai groot hande gooi hul die blikke in die straat uit

Ek het die comic gesteel onder die skadu van die kerktoring

Die lewe in verwondering

Terwyl ek aan die gekraakte muur vasklou

Wens ek tyd kan nou net ophou

Maklik om die duiwel te blameer

Het baie maklik van ons jeug vergeet

Ek wens ek kon die bybel blameer

Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee

Maklik om die duiwel te blameer

Het baie maklik van ons jeug vergeet

Ek wens ek kon die bybel blameer

Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee

Francois van Coke'dan Daha Fazlası

Tümünü Görlogo