As ek vandag moet terugkyk op my lewenspad
Dan sien ek al die draaie elke kronkelpad
Die spore van my lewe is lankal reeds bepaal
Elke tree vertel n ou verhaal
Elke afdraaipaadjie sien ek duidelik raak
Maar deur dit alles heer het u oor my gewaak
En oral in die donker het u my weer kom haal
Want u weet elke kind kan soms verdwaal
Sonder dat ek weet het u my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het u genade my omvou
Al my lewensdrome het u in u hand bewaar
Liewe heer u was nog altyd daar
Ek sien dit in die stille waters van die see
Ek sien dit in n kind se oë sy eerste tree
Hoe kan die wat nie wil glo in ongeloof bly staar
Liewe heer want u was nog altyd daar
Sonder dat ek weet het u my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het u genade my omvou
Al my lewensdrome het u in u hand bewaar
Liewe heer u was nog altyd daar
Sonder dat ek weet het u my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het u genade my omvou
Al my lewensdrome het u in u hand bewaar
Liewe heer u was nog altyd daar
Nou weet ek meer as ooit
Daai is niks meer om te vrees
Liewe heer u sal altyd by my wees
Liewe heer u sal altyd by my wees