menu-iconlogo
huatong
huatong
avatar

Laurika Rauch Keurspel

Karlien van Jaarsveldhuatong
bosjokloster1huatong
Lyrics
Recordings
Ek het in my kinderjare vas geglo aan Kersfeesvader

In werklikheid ry hy mos met 'n sleë

Maar hier stap hy deur die mielies met ‘n streepsak en 'n kierie

En my boetie vra, boer hy by Clocolan?

Waar is jou rendier en silwer spore?

Waar is ons drome van gisteraand?

Vlieg oor die bome met my drome

En kyk hoe glinster die maan

Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter

Ek en boetie kry 'n rooi jas in die laai

Jonk van jare oud van dae, huil ek hartseer in my kamer

Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn

Waar is jou rendier en silwer spore?

Waar is ons drome van gisteraand?

Vlieg oor die bome met my drome

En kyk hoe glinster die maan

Jy’t gesê ons liefde sal bly staan

Al tuimel al die berge in die oseaan

Kom doen vir my ‘n gunsie net voor jy gaan

Gooi vir my ‘n klippie, ‘n klippie in die oseaan

En wie sal ooit die liefde kan verstaan?

Dis nader as ‘n hartklop, en verder as die maan

Daar is ‘n tyd van kom en ook ‘n tyd van gaan

Dit het ek gelees maar hoe sal ek dit ooit verstaan?

En kyk hoe sak die sekelmaan

In die stille oseaan

Stille waters, met diepe grond

Onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond

Onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond

Wat het sy wat ek nie het?

En hoe het sy jou hart gewen?

Ek wens ek kon dit als verstaan

Want hoe neem 'n mens afskeid as jy nie wil gaan?

En ek het jou steeds nodig, het jy nie dalk vir my?

Het jy van my gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?

Jakkals trou met wolf se vrou

En jy breek my hart al weer maar ek onthou

Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou

En ek wens ek kon jou vashou

Maar jakkals trou met wolf se vrou

Ek weet sy's nie vir jou bedoel

Hoe kon jy vir haar dit voel?

Ek praat jou taal, ek volg jou spoor

Maar al skree ook my hart uit sal jy my nie hoor

En ek het jou steeds nodig, het jy nie dalk vir my?

Het jy van my gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?

Jakkals trou met wolf se vrou

En jy breek my hart alweer maar ek onthou

Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou

En ek wens ek kon jou vashou

Maar jakkals trou nie met my meer nie

Kyk hier kom die reën

Voel jy niks meer vir my nie?

Jakkals trou met wolf se vrou

En jy breek my hart alweer maar ek onthou

Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou

En ek wens ek kon jou vashou

Maar Jakkals trou met wolf se vrou

En jy breek my hart alweer maar ek onthou

Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou

En ek wens ek kon jou vashou

Maar jakkals trou met wolf se vrou

More From Karlien van Jaarsveld

See alllogo
Laurika Rauch Keurspel by Karlien van Jaarsveld - Lyrics & Covers