menu-iconlogo
logo

Skipskop

logo
Letra
Pak op pak op

Sit jou goedjies op jou kop

More gaan ons weg

Ver van hier weg

Skipskop skipskop

Wanneer hou die dinge op

Swaarkry le net voor

Die blou berge oor

Overberg se mens

Isse ek gebore

Op die plek skipskop

Nes my pa en sy pa ook

Hier deurie duine loop onse spore

Hier op die beach hier langs die see is ek gedoop

Maar wat ken ek anders

As die bloudam se branders

Die wolke en die winde wat hier waai

Maar verkoop jou bootjie pak op jou goedjies

En se maar so long skipskop skipskop se goodbye

Linkerhand o die regterhand

Wat se kant le die plek misverstand

'Seblief meneer ag se tog weer

Is dit die pad wat ons moet more vat

'N stukkie le hier en 'n stukkie le daar

Stukkies van my lewe hulle le deurmekaar

Tel op tel op vir shorty en vir pop

Gaan haal vir apie en hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders

As die blou dam se branders

Die wolke en die winde wat hier waai

Pak op jou goedjies pak op jou goedjies

Se maar so long skipskop skipskop se goodbye

Skipskop skipskop se goodbye

Skipskop de Theuns Jordaan – Letras & Covers