menu-iconlogo
logo

Sprokie vir n stadskind

logo
avatar
Theuns Jordaanlogo
CL-🤠Mags🇿🇦logo
Cantar no App
Letra
As die reën van stof en roet verby is

En die rook verdwyn

Sal daar in die sterrelose hemel

'N neonboog verskyn

En kyk maar goed,

Want as jy hom vind

Vertel ek vir jou 'n sprokie my kind,

Van 'n skatkis met ou kettings gebind

Aan die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere

Oor kranse van beton,

As jy aanhou stap

Tien duisend ure

Sal jy dalk daar kom

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind

Want so lui die ou, ou sprokie my kind,

As jy geluk en vreugde wil vind

Soek die neonboog se punt

Volg hom elke dag oor swart riviere

Kyk nie eenmaal om

Dalk vind jy die land van blou saffiere

En dalk 'n brokkie son

Sprokie vir n stadskind de Theuns Jordaan – Letras & Covers