menu-iconlogo
logo

Ek Dink Aan Jou

logo
เนื้อเพลง
Buitekant lê 'n tarentaal se veer en ek wonder wat ek hieruit kan leer

Daar is baie myle tussen doen en sê

Maar alles wat is

Was al gewees

Om agter 'n glashuis

Se deur te staan

En hoop niemand sien jou daar

'n Honderd en een besluite geneem maar alles bly

Ongedaan

Ek reuk die soet geur

Van muskus

Wat hang in die gang

En ek dink aan die pêrels op jou lyf

Ja, buitekant lê die sneeu en wag

Om 'n sneeuman te word wat breed glimlag

Ek wil niks meer bewys nie ek het my versoen

Ek het alle stasies aangedoen

Ek het die lewe se vreemde paaie geloop

'n Goeie begrip is net 'n halwe woord

Aandagtig gesit, ek het die tyd bekyk

Alles gedoen wat gedoen moes word

Ek reuk die soet geur

Van muskus

Wat hang in die gang

En ek dink aan die pêrels op jou lyf

Oe, ek reuk die soet geur (Reuk die soet geur)

Van muskus

Wat hang in die gang (Wat hang)

En ek dink aan die pêrels op jou lyf

Oe en ek dink aan die pêrels op jou lyf

Oe en ek dink aan die pêrels op jou lyf

Ek Dink Aan Jou โดย Jaco/Dozi – เนื้อเพลง & คัฟเวอร์