menu-iconlogo
logo

Die Heel Beste Rede

logo
歌词
Kom ons staan voor die heer

En bely dat hy regeer

Kom ons sien die hemel koning op sy troon

Laat ons al die hulde bring

En sy lof en eer besing

Laat ons lofsange die plek wees waar hy woon

Hef jou hande na bo

Al wat hy vra is dat ons glo

En as jy weet jy is vry

Is dit die heel beste rede

Om te kniel voor die vader

In gebed tot hom te nader

En hom as koning en verlosser te bely

Om hom te dank vir sy genade

Vir sy seë n en wonderdade

Want die krag van sy waarheid maak ons vry

Hef jou hande na bo

Al wat hy vra is dat ons glo

En as jy weet jy is vry

Is dit die heel beste rede

Om te gaan na die nasies

Want sy opdrag was basies

Om te doen en te lewe net soos hy

Want deur sy wonderwerke

Is daar nou ook geen perke

Aan wat jesus kan doen deur jou en my

Hef jou hande na bo

Al wat hy vra is dat ons glo

En as jy weet jy is vry

Is dit die heel beste rede

Om met simbaal en drom te raas

En die shufars hard te blaas

Want die groot dag van jesus kom beslis

Die dag wat elke knie sal buig

En elke mond nog sal getuig

Dat die ruiter op die wit perd koning is

Hef jou hande na bo al wat hy vra is dat ons glo

En as jy weet jy is vry is dit die heel beste rede vir my

En as jy weet jy is vry is dit die heel beste rede vir my

Heel beste rede heel beste rede vir my