menu-iconlogo
logo

Hakieshart

logo
Letra
Ek sien dit lankal aankom

Maar my hart verklaar my stom

Sy snare in die reën trek krom

Want krakies kraak

Al is hulle goed vermom

Want 'n gaatjie wat lek word 'n gat

'N storm in 'n wynglas sal spat

Nou's my spore net stof langs die pad

Want die hakies aan my hart is te swak

Ja die hakie aan my hart is te swak

Elke keer het ek gedink dit sal kwyn

Maar die ligte het net rooier geskyn

En die hoop het met die kere verdwyn

Want my hart het ook maar 'n buitelyn

Want 'n gaatjie wat lek word 'n gat

'N storm in 'n wynglas sal spat

Nou's my spore net stof langs die pad

Want die hakies aan my hart is te swak

Ja die hakie aan my hart is te swak

Nagte dwaal ek in die strate rond

Wat het dan van ons geword

Ek wil luister met 'n leë mond

Soekend na met 'n plekkie vir my woorde stom

Want 'n gaatjie wat lek word 'n gat

'N storm in 'n wynglas sal spat

Nou's my spore net stof langs die pad

Want die hakies aan my hart is te swak

Ja'n gaatjie wat lek word 'n gat

En oorvol wyn water spat

Nou's my spore net stof langs die pad

Jy't die hakies aan my hart losgehaak

Jy't die hakies aan my hart saamgevat

Hakieshart de Theuns Jordaan – Letras & Covers