menu-iconlogo
logo

Voor Die Storm Kom

logo
Letra
Hoe, lank al praat ons, nie meer nie?

Stiltes, om ons, raak te veel

Beter, sal ek nooit weer kry nie

Maar ek moet nou sien dis verby

Net voor die storm kom

Sal ek groet en sê, ek draai nie om

Met my hart maak ek my laaste wens

Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom

Voor die winde en die reën weer kom

Hoe kan ek dit verstaan, ek hoor nou nog jou naam?

Dis verby, net voor die storm kom

Ek loop, in donkerte rond

Woorde, steek vas in my mond

Ek wag, deur die winter van my gemoed

Ek stap deur die skemers, van my hart

Net voor die storm kom

Sal ek groet en sê, ek draai nie om

Met my hart maak ek my laaste wens

Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom

Voor die winde en die reën weer kom

Hoe kan ek dit verstaan, ek hoor nou nog jou naam?

Dis verby, net voor die storm kom

En hartseer dra nie 'n masker nie

Maar daar was so veel

Wat liefde nie geleer het nie

Net voor die storm kom

Sal ek groet en sê, ek draai nie om

Met my hart maak ek my laaste wens

Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom

Voor die winde en die reën weer kom

Hoe kan ek dit verstaan, ek hoor nou nog jou naam?

Dis verby, net voor die storm kom

Ons altwee moet aangaan, ons sal eendag verstaan

Ek groet jou voor die storm kom