menu-iconlogo
logo

Die Afrikaanse Legende Medley

logo
เนื้อเพลง
Ek wonder wat van jou geword het

Jy wat nog so by my spook

Ek weet net ons het vuurgemaak

Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller

Die dae eis hul eie tol

Maar ons twee was die wildewind se blare

Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine tussen stasies

Lê daar basies net die leë spore

Tussen treine tussen stasies

Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Al lê die berge nog so blou

Al lê die berge nog so blou

Al lê die berge nog so blou

Haar woorde sal ek steeds onthou

Al woon my bokkie nog so ver

Al woon my bokkie nog so ver

Al woon my bokkie nog so ver

Dan troos ek my aan die môrester

Gee my 'n oomblik asseblief laat ek vertel

Van 'n land waarin ek woon en drome droom wel

Gee my 'n oomblik en onthou van al daai dae

Was net 'n laaitjie in die Vrystaat op die plaas ja

Onthou daai dae van waatlemoen en potjiekos

Brandewyn en Coke om die probleme op te los en

Tannie Carika op die radio wat sing

En ons skree hard vir die Bokke om die beker terug te bring ja

Hierdie land wat my geluk bring

Dis 'n land van kleure en klank

Dis 'n land van oorvloed en dank

Dis 'n land wat almal na strewe

Dis 'n land sonder horison en

Dis 'n land wat weet hy kan

Ook 'n blyplek neerlê vir my

Liefling kan ons nie maar vergeet en vergewe

Liefling ek kan nie sonder jou verder lewe

Dit weet jy goed

Jy weet dat ou herinnerings nooit vergaan nie

Jy weet dat niemand ooit in jou plek kan staan nie

Dit weet jy goed

Liefling kan ons nie maar vergeet en vergewe

Liefling ek kan nie sonder jou verder lewe

Dit weet jy goed

Liefling kan ons nie maar vergeet en vergewe

Liefling ek kan nie sonder jou verder lewe

Dit weet jy goed

Dag vir dag dreun ritme om my heen

Voel die ure vol en tog alleen

Maar jou blik verslaan my vrese

Sonsaffier lag in jou wese

Bring geluk wat lank verlore was

O ek lewe

Gemaak om na liefde te strewe

Op vlerke van vriendskap te swewe

Sonder vrae oor wat more mag bring

O ek lewe

Verstaan weer van droom en van vrede

Die vreugde van leef in die hede

Dat ek hier is vir 'n rede

Tussen jou en my

Lê daar 'n berg

Lê daar 'n berg

‘n Tafelberg

Ja tussen jou en my

Lê daar 'n berg

Lê daar 'n berg

‘n Tafelberg

Die hawe

Op die telefoondrade

Luister na die gesprek

En vlug op die plek

Want tussen jou en my

Lê daar 'n berg

Jy sien die wêreld deur kinders se oë

Hoef nie aan ander se twyfels te glo

Jy is die boodskap 'n wese wat woordloos verstaan

Jy is die laggende boog wat bly swewe

Hoop wat soos son in my polsslag bly lewe

Trappe van lig loop jy sag

Jou asem ‘n wolk

Stil soos die nag

Neem my op vlerke engel ek wil soos jy

Op duisend reënboë dans net soos jy

Neem my op vlerke engel laat my verstaan

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Neem my op vlerke engel ek wil soos jy

Op duisend reënboë dans net soos jy

Neem my op vlerke engel laat my verstaan

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Die Afrikaanse Legende Medley โดย Kurt Darren/Charlize Berg/Elizma Theron/NRG – เนื้อเพลง & คัฟเวอร์